Sewentig jaar van maatskaplikewerk-opleiding

Authors

  • J Cronje Nelson Mandela University

DOI:

https://doi.org/10.15270/37-3-1504

Keywords:

Werkers, Departement, politieke

Abstract

Dit is vanjaar sewentig jaar dat maatskaplike werkers aan die Universiteit van Stellenbosch opgelei word. Die Departement Maatskaplike Werk, soos dit tans bekendstaan, het in 1931 as deel van 'n groter departement, wat ook Sielkunde en Sosiologie ingesluit het, ontstaan. Benewens interessanthede soos dat mans- en vrouestudente verskillende kursusse gevolg het, het die departement ook begin met 'n hoof wat later 'n baie kontroversiele figuur in die Suid-Afrikaanse samelewing geword het, naamlik dr HF Verwoerd. Ongeag Verwoerd se latere politieke en ideologiese standpunte, is daar egter twee sake waaroor mense soos Erika Theron geen twyfel gehad het nie. Eerstens was Verwoerd 'n sosiaal-wetenskaplike van hoogstaande gehalte, iemand met 'n besondere intellek en 'n kritiese en analitiese verrnoe wat in vele opsigte sy tydgenote voor was. Tweedens het hy waarskynlik 'n deurslaggewende rol gespeel in die ontwikkeling van spesifieke opleiding van maatskaplike werkers. Verwoerd het naamlik, as voorsitter van die sogenaamde Voortsettingskornitee wat gevolg het op die destydse Carnegie ondersoek na die armoede probleem onder blankes, duidelike riglyne voorgestel vir die opleiding van maatskaplike werkers.

Downloads

Download data is not yet available.

Author Biography

J Cronje, Nelson Mandela University

Nelson Mandela University

Downloads

Published

2001-08-10

How to Cite

Cronje, J. (2001). Sewentig jaar van maatskaplikewerk-opleiding. Social Work/Maatskaplike Werk, 37(3), xxiii. https://doi.org/10.15270/37-3-1504

Issue

Section

Editorial

Most read articles by the same author(s)